Hoërskool Burgersdorp se belegging in landbou wek groot belangstelling. Die skool het onlangs met landboukursusse vir leerlinge van Graad 8 tot 11 begin. BKB, die Nasionale Wolkwekersvereniging en ‘n veearts van Steynsburg, dr Johan van Rooyen, het reeds kursusse aangebied. Carin Venter, RSG Landbou verteenwoordiger in die Oos-Kaap, het by dié skool ‘n draai gaan maak.
Dan het Christal-Lize Muller tydens Graan SA se “Day of Celebration” op Nampo Park by die LUR vir Landbou in die Vrystaat, Saki Mokoena, gaan uitvind watter uitdagings landbou in dié provinsie in die gesig staar.
Daarna bring Chris Derksen RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.
Johan van den Berg is ook op sy pos met nuus oor die weer.
Luister nou na dié lekker onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.