Die nakom van RWS-standaarde wat volhoubare wol verseker, is ononderhandelbaar. In Woensdag se aflewering van RSG Landbou luister ons wat verskeie sprekers by vanjaar se Karoo Winterwolfees oor wol en wolboerdery te sê gehad het. Van die instansies met wie ons gesels het, is Standard Bank, die Nasionale Wolkwekersvereniging, BKB, OVK, Cape Wools en NatureBlocks.
Daar is ook veilingsnuus vandag. Louwcoe Charolias en Reeba Brahmane se nasionale veilings word volgende week aangebied. RSG Landbou-luisteraars kan meer uitvind oor wat op aanbod gaan wees.
Dan sê die politieke ontleder, prof Theo Venter, jou ingesteldheid oor die toekoms van Suid-Afrika hang af van hoe jy dink. Hy was ‘n gasspreker tydens die Philipstown Interskou en ons hoor op RSG Landbou wat hy verder daaroor te sê gehad het.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.