Noord-Kaapse besproeiingsprodusente is bekommerd oor produksie- en werksverliese as gevolg van onreëlmatige beurtkrag en duurder krag. ‘n Video is op sosiale media geplaas waar produsente ‘n ernstige beroep op Eskom doen om hul te help. Ons hoor wat hulle te sê gehad het in Donderdag se aflewering van RSG Landbou.
Die algemene persepsie is dat groot melkplase nie omgewingsvriendelik is nie en daarom verkies sommige verbruikers organiese melk. Maar hoe groot is dié mark en watter vereistes moet aan voldoen word om organiese melk te produseer? In dié aflewering van RSG Landbou, het ons gaan aanklop by dr Carel Muller van Stellenbosch Universiteit om hom meer hieroor uit te vra.
Johan van den Berg is op sy pos met die weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou beïnvloed.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Luister hier na vorige uitsendings.