RSG Landbou: 5 Desember 2023 – geborg deur Plaas Media

Dis kersietyd in Suid-Afrika! Alhoewel daar vanjaar minder kersies geproduseer is, is die mark gaande oor die gehalte van dié vrugte. Calla du Toit van Tru-Cape verskaf die rede hiervoor en praat ook oor markte en pryse in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou.

Dan is Piet Mothepu van Koppies in die Vrystaat aangewys as een van die wenners van die Mentor van die Jaar-toekenning in die 2023 LNR Vleisbeespresteersderstoekennings.

Heinrich Victor vertel ons ook wat het by die laaste wolveiling vir 2023 gebeur.

Luister nou na dié opwindende onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories