RSG Landbou: 5 Desember 2022 – geborg deur BKB

Uitvoerprotokolle vir die sitrusbedryf raak al hoe strenger en bo-op dit ervaar produsente ‘n paar groot uitdagings met peste. Dit sit produsente onder druk om die chemiese middels wat beskikbaar is, so goed moontlik aan te wend. Hier speel byvoegmiddels ‘n rol en Kenny Beeton van Nutrico gee raad in Maandag se aflewering van RSG Landbou.

Aartappelsertifiseringsdiens speel ‘n leidende rol in die samewerking en kommunikasie met die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling. Maar wie en wat is hierdie diens? Sanette Thiart kuier in die RSG Landbou-ateljee om ons meer hiervan te vertel.

Dan het Deon Saayman van Cape Wools onlangs Colorado in die VSA besoek vir die Textile Exchange-konferensie en hy vertel wat hy daar ondervind het.

Luister nou na hierdie onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories