HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 5 April 2023 - geborg deur BKB

RSG Landbou: 5 April 2023 – geborg deur BKB

Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het onlangs ‘n belangrike hofsaak rakende die lysting van diere in terme van die diereverbeteringswet gewen. Lizanne Nel vertel ons meer hieroor in Woensdag se aflewering van RSG Landbou.

Dan het bulvrugbaarheid onder die loep gekom by die Simbra SA-beestelersgenootskap se inligtingsdag op Parys. Dr Johan Cloete van Vet2Farm onderstreep belangrike faktore.

RSG Landbou praat ook met Johann Kotzé van die SA Varkprodusente-organisasie oor die voordele van ‘n toep waar produsente belangrike data oor die dier wat na die abattoir geneem word, kan stoor.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Plaas TV: Klimaatslim boerdery, AFMA Forum, Agbiz Graan- en Oliesade-simposium en...

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes: Die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur-projek...