Net soos by die mens, ontwikkel diere ook antimikrobiese weerstand, maar hoe kan dit voorkom word? Dr Chris van Dijk gee raad hieroor in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou.

Wat is in ons water wat die waterhiasint so welig laat groei? Prof Charlie Reinhardt van Noordwes Universiteit beantwoord hierdie en ander vrae oor dié onderwerp op RSG Landbou.

Izak Hofmeyr, redakteur van Stockfarm, gesels op RSG Landbou meer oor wat lesers te wagte kan wees in die April-uitgawe van Stockfarm, wat nou op die rakke beskikbaar is. 

Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941.

Heinrich Victor van OVK sluit vandag se RSG Landbou af met nuus oor wat met die wolpryse gebeur het.

Luister nou na hierdie onderhoude.




Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Sensako

Syngenta is one of the world’s leading companies with more than 28,000 employees in over 90 countries dedicated to our purpose: Bringing plant potential to life. Through world-class science, global reach and commitment to our customers we help to increase crop productivity, protect the environment and improve health and quality of life. For more information about us please go to www.syngenta.com

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.