Friday, December 2, 2022

RSG Landbou: 4 Oktober 2022 – geborg deur RPO

Gerhard Schutte van die Rooivleisprodusente-organisasie gesels in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou oor die huidige stand van bek-en-klouseer in Suid-Afrika.

Heinrich Victor van OVK bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van sake wat die uitvoer van wol betref, asook die pryse wat by die jongste veiling behaal is.

Prof Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat brei uit oor watter tipes werk ‘n landbou-ekonoom kan doen.

Johan Bender van TWK Agri sluit die program af. Hy gesels oor baalnette en die gebruike daarvan.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur die Rooivleisprodusente-organisasie.

The Red Meat Producers Organisation (RPO) is a service organisation that acts as mouthpiece for South African commercial red meat producers. It is an independent producers organisation that strives to dynamically promote the sustainability and the profitability of the red meat industry in South Africa. Our mission, namely the promotion of a sustainable and profitable red meat industry in South Africa, is operational through our bargaining and consultation with government and other organisations in order to further the interests of the red meat producer, locally as well as internationally.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories