‘n Wolskaap groei ongeveer 120 km wolvesel per week. So sê Piet Venter van BKB. Hy praat in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou oor die ses fisiese eienskappe van wol en hoe dit gemeet word.
Dit maak nie saak wat jy weet nie, maar hoe jy dink. Dit was die boodskap van dr Piet Croucamp van die Noordwes-Universiteit by die Karoo Winterwolfees.
Die Universiteit van die Vrystaat is deur middel van sy Ruforum-projek, aktief betrokke by die opleiding van boere, veral in die kommunale gebied van Thaba Nchu en Botshabelo. RSG Landbou se medewerker, Christal-Lize Muller, het met Andries Strauss van die Universiteit van die Vrystaat wat by dié projek betrokke is, gesels.
Peter Cloeté van Agri Oos-Kaap vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor die nuut gestigte jongboerkomitee.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.