Friday, December 5, 2025

RSG Landbou: 4 Augustus 2025

In vanoggend se RSG Landbou gesels Lise Roberts met die veearts, dr Gerrit Scheepers van Phalaborwa, Daneel Rossouw van Nedbank en Chris Krugell van Bloemendal Bonsmaras.

Korridorsiekte steek weer kop uit

Korridorsiekte het onlangs onder beeste op ‘n plaas in die Limpopo provinsie kop uitgesteek en dit ná twee dekades. Ons gesels met dr Gerrit Scheepers van die Phalaborwa Dierekliniek.

Bestuur van natuurlike hulpbronne

Volgens Daneel Rossouw van Nedbank is die bestuur van natuurlike hulpbronne gelyk aan finansiĂ«le volhoubaarheid en bestuur van besigheidsrisiko’s. Ons hoor wat hy hieroor te sĂȘ het.

Bonsmaras onder die hamer

Chris Krugell van Bloemendal Bonsmaras brei ook uit oor hul veiling van 13 Augustus tussen Delmas en Nigel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse word weekliks aan u gebring deur Absa en die RPO. Neem kennis dat hierdie nie...

LandbouRadio: 5 Desember 2025

In Vrydag, 5 Desember se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Vars landbounuus. ⁠Johan Gunter hoor van Elmarie Prinsloo, uitvoerende hoof van Bloemskou, wat besoekers...

Oilseeds Focus December 2025 

The December issue of Oilseeds Focus explores South Africa’s fertiliser use, smart cultivar choices for profitable sunflower production, and the rising challenge of herbicide resistance â€“ plus emerging solutions that...
meteorology water meter rain gauge

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minute Johan van den Berg is weer terug op sy pos met sy weeklikse weersake-gesprek met Lise Roberts op RSG Landbou....

RSG Landbou: 4 Desember 2025 – geborg deur Husqvarna

In vandag se RSG Landbou is daar meer oor 'n risiko-ontledingstudie vir die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf, aspekte wat in ag geneem moet word met die...