Monday, August 15, 2022

RSG Landbou: 4 Augustus 2022 – geborg deur Hygrotech

Talle plaaseienaars maak dikwels van ‘n maatskappy gebruik om tydelike of seisoenale werkers in diens te neem, maar hoe weet jy of die instansie volgens voorgeskrewe regulasies werk? Donné Nieman van Workforce Staffing in die Wes-Kaap, gee raad in dié verband in Donderdag se aflewering van RSG Landbou.

Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse, wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Verder verduidelik Abrie Bronkhorst van die LWO Werkgewersorganisasie vir RSG Landbou-luisteraars wat is die eerste stap wat ‘n werkgewer moet doen tydens die afleggingsproses van ‘n werknemer.

Izak Hofmeyr, redakteur van Stockfarm, gesels op RSG Landbou oor wat lesers te wagte kan wees in die Augustus-uitgawe van Stockfarm, wat nou op die rakke beskikbaar is. Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941.

Ons sluit die program af met veilingsnuus. Erik Strauss van Heimat Bonsmaras is gasverkopers van Jarico Bonsmaras en hy brei uit oor wat kopers by die veiling kan verwag.

Luister nou na hierdie onderhoude.

Who is Hygrotech?

Our mission is to continuously and pro-actively identify and evaluate the needs of all current and potential clients regarding vegetable seed, as well as related and supporting products and shall strive to satisfy such needs within acceptable norms. Sell quality products, if possible on an exclusive basis, through trained and experienced staff, supported by systems and procedures acceptable to clients and HYGROTECH. Expand the market by recruiting and retaining quality clients in our market segments by way of goal-driven marketing, primarily based on direct selling. Offer our products at a competitive price to our clients, assuring an acceptable growth and profit to HYGROTECH.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Hygrotech. Besoek gerus hulle webwerf hier.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories