RSG Landbou: 4 April 2023 – geborg deur BKB

Suid-Afrikaanse sitrusuitvoere streef daarna om jaarliks met 10 miljoen kartonne te groei tot ‘n totaal van 260 miljoen kartonne teen 2032. Dit was een van die besprekingspunte by vanjaar se sitrusberaad in Gqeberha. Wolfe Braude van Agbiz gesels hieroor in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou. Hy brei ook uit oor die kwessie rondom die EU en die valskodlingmot.

Watter bestuurspraktyke bevorder ekonomiese volhoubare beesproduksie? Prof Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat was ‘n spreker by die Simbra SA-beestelersgenootskap se inligtingsdag op Parys, en hy deel ‘n paar gedagtes oor dié onderwerp.

Daarna is Heinrich Victor van OVK ook op sy pos met die jongste wolmarkverslag.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories