HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 31 Mei 2023 - geborg deur Plaas Media

RSG Landbou: 31 Mei 2023 – geborg deur Plaas Media

Grasvelde bied verskeie ekosisteemdienste aan beide die mens en die natuur en dis een van die redes waarom die bewaring van ons grasvelde en weiding so belangrik is. Die Weidingsvereniging van Suidelike Afrika beywer hulle juis hiervoor en in Woensdag se aflewering van RSG Landbou gesels Charné Viljoen oor die ontstaan van die vereniging en hul kongres wat einde Julie naby Rustenburg plaasvind.

Daarna is Daneel Rossouw van Nedbank aan die woord. Hy gesels oor die effek van beurtkrag op volhoubare landbou.

Insetkoste in die saadbedryf het die afgelope jaar met rasse skrede toegeneem. Kobus Meintjes van Bayer, gee vir RSG Landbou-luisteraars meer perspektief hieroor.

Onderstepoort Biologiese Produkte het die media verlede week toegespreek. Ons hoor by advokaat Pieter van der Sandt wat daar bespreek is.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Plaas TV: Klimaatslim boerdery, AFMA Forum, Agbiz Graan- en Oliesade-simposium en...

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes: Die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur-projek...