Grietjie is ‘n pampoen wat 445kg weeg en vanjaar se wenner by die Goliat van Gat Pampoenfees. Cornelis Bester is die eienaar van dié pampoen en ons vind uit wat die groei van so ‘n groot pampoen behels.
Ons hoor ook van Johan Blomerus, ‘n Brangusstoetteler. Hy was een van die beoordelaars by die Hertzogville Landboufees se nie-haltermak skou.
Verder gesels ons ook met Benjamin Bosch oor vanjaar se Bonsmara SA Nasionale Veiling.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.

