In vanoggend se RSG Landbou word daar gepraat oor oumas en oupas (die dieresoort!), aartappelkultivars, vleispryse en weer.
Hoekom is oumas en oupas belangrik?
Oupas en oumas is belangrik wanneer telers hul beestelingspraktyke toepas. Gene beïnvloed nie net direkte nageslagte nie, maar ook die geslagte daarna. Dr Helena Theron van SA Stamboek beantwoord ‘n paar vrae oor genetiese diversiteit.
Die eienskappe van goeie aartappelkultivars
Verder praat ons met Ruben Rens van GWK Aartappels oor die eienskappe van goeie aartappelkultivars.
Sussex hou nasionale veiling
Dave McCall van die Sussex-beestelersgenootskap vertel van hul nasionale veiling op 14 Augustus in Bloemfontein.
Vleispryse en weersake
Chris Derksen is terug met die week se vleispryse en Johan van den Berg gesels landbouweersake.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.

