Thursday, September 12, 2024
HomePodcastsRSG Landbou: 31 Januarie 2024 - geborg deur Plaas Media

RSG Landbou: 31 Januarie 2024 – geborg deur Plaas Media

Graan SA se struktuurveranderinge het weer onder bespreking gekom tydens ‘n winterreënstreek-jaarvergadering op Morreesburg. Ons het daar met Derek Matthews gesels en ook met Tobias Doyer, die nuwe hoofuitvoerende beampte van Graan SA. Hy praat onder meer oor sy pad met landbou en die rol van georganiseerde landbou, in Woensdag se aflewering van RSG Landbou.

Die Latin globemallow, ‘n plant afkomstig vanaf Suid-Amerika, is as ‘n nuwe indringerplant geïndentifiseer. Weiveld in Noord-Wes en die Noord-Kaap is tans die slagoffer van dié uitheemse indringer. Onkruidwetenskaplike, prof Charlie Reinhardt, vertel ons meer.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse word weekliks aan u gebring deur Absa en die RPO. Neem kennis dat hierdie nie...