RSG Landbou: 31 Januarie 2023 – geborg deur Plaas Media

‘n Verandering in die belastingwetgewing wat op nie-winsgewende organisasies van toepassing is, het Graan SA genoop om struktuurverandering te implementeer. Dit is tydens ‘n vergadering op Morreesburg bespreek en Derek Mathews het daar aan RSG Landbou verduidelik wat dit behels.

Dan is Stephanie van der Walt aangestel as streeksbestuurder van die International Fresh Produce Association vir Suidelike Afrika en sy gesels met RSG Landbou-luisteraars oor haar rol.

Besproeiingsboere van die Prieska-omgewing het ‘n bewusmakingsveldtog van stapel gestuur om aan die regering en Eskom te verduidelik watter impak die kragkrisis op hulle het. Koos du Pisanie praat met Kurt Loots hieroor.

Wolveilings het ook weer afgeskop en die bekende Heinrich Victor van OVK bring RSG Landbou-luisteraars weer op hoogte met die jongste wolmarkverslag, asook die invloed van internasionale markte.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories