Agri SA het onlangs met die minister van landbou, Thoko Didiza, vergader om ‘n paar kwelpunte in landbou te bespreek. Vir terugvoer hieroor luister gerus Maandag se aflewering van RSG Landbou wanneer ons met Christo van der Rheede gesels.

Daarna is RSG Landbou se streeksverteenwoordiger in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie, aan die woord. Hy praat met Junior Ludwick oor vanjaar se Griekwastad Skou.

Veilings vir 2022 het afgeskop en Lise Roberts bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse veilingsnuus.

Christal-Lize Muller kuier by die Lewendehawe Registrerende Federasie se 2021 Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar, Riaan Theron.

Luister nou na dié onderhoude.




Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country.

The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme.

Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.