Waarom is dit nodig vir ‘n internasionale landbou-maatskappy soos Oro Agri om uit te brei? Johan Janse van Rensburg verduidelik aan RSG Landbou-luisteraars in Woensdag se aflewering van die program hoe ‘n onlangse aankoop waarde tot hulle portefeulje voeg.
Medewerker, Carin Venter, kuier by Denise Milsom op hul plaas in die Sondagsriviervallei. Sy gesels onder andere oor die geveg om oorlewing tydens die Karoo-droogte.
Wat is van die algemene foute wat boere soms maak tydens kuilvoerproduksie? Jaco Faasen van Nutribase, beantwoord dié en verskeie ander vrae in vandag se aflewering van die program.
Prof Willem Boshoff, Universiteit van die Vrystaat, gesels op RSG Landbou oor ‘n swamsiekte wat op graangewasse voorkom.
Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Oro Agri
Who is Oro Agri?
Since 2002, Oro Agri’s approach is to work hand in hand with the farmer to systematically address each point of influence in the growing of crops in a sustainable and responsible manner. Many of the tools and techniques Oro Agri provides, simply unlock nature’s potential and the genetic potential of the crop.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Luister hier na vorige uitsendings.