RSG Landbou: 30 September 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor ‘n nuwe appelsoort op winkelrakke, ‘n dier se kondisie vir goeie reproduksie en ons ontvang die nuutste internasionale landbounuus.

Nuwe appelsoort

‘n Gesogte internasionale appelkultivar het hierdie maand sy buiging op winkelrakke gemaak. Maar waarom nóg ‘n appelsoort? Calla du Toit van Tru Cape Vrugtebemarking verduidelik.

Kondisie van ‘n dier

Ons gesels met Johan Mouton van Molatek oor hoe ‘n dier se kondisie haar reproduksie beïnvloed. Hy verduidelik ook hoe kondisie gemeet word.

Internasionale landbounuus

Ons maandelikse internasionale landbounuus kom ook aan die beurt. Ons hoor onder meer van die vryhandelsooreenkoms tussen Nieu-Seeland en Indië, asook hoe duisende Roemeense boere in Boekarest betoog het teen die EU se verbod op die uitvoer van lewende diere.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Die Noordweste en sy mense

Estimated reading time: 5 minutesDie Boesmanland en Namakwaland in die Noordwes-Kaap is klipharde wêreld...

The middle ground is the best course

Estimated reading time: 7 minutesPieter Meyer believes that the modern grain producer is precision-oriented,...

Voerkorrels versus los voer vir herkouers

Estimated reading time: 6 minutesVoerkoste is die grootste enkele kostekomponent in die meeste veeboerderye....

Hou kop bo water dié El Niño-seisoen: Planne vir jou vee se waterbehoeftes

Estimated reading time: 6 minutesProdusente moet waterbeskikbaarheid en -gehalte deeglik in hul droogte- en...