In vandag se RSG Landbou gesels Plasco Consulting oor hulle besproeiingsklepboks-ontwerp, ons vind meer uit oor die Bosveld Bonsmaraklub produksieveiling, Aartappels SA gee vir ons die maandelikse aartappelmarkverslag en ons ontvang die nuutste vleispryse en weervooruitsigte.
Plasco Consulting ontvang Agri-toekenning
Besproeiingstegnologie ontwikkel bykans daagliks. Plasco Consulting is bekend vir hul ingenieurs- en masjinerie-vernuf, maar het onlangs ‘n toekenning vir ‘n besproeiingsklepboks-ontwerp ontvang. Ons gesels met Anton Silva oor dié inisiatief.
Die Bosveld Bonsmaraklub hou produksieveiling
Die Bosveld Bonsmaraklub bied op 13 November hul 37ste produksieveiling aan en Alex Revelas gesels hieroor.
September aartappelmarkverslag
Aartappels SA se maandelikse markverslag fokus op September se pryse.
Weeklikse vleispryse en weervooruitsigte
Dan is die week se vleisprysverslag en weervooruitsigte ook op vanoggend se RSG Landbou-spyskaart.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.

