Vrugteprodusente boer met suiker, ongeag die gewas. So sê Kenny Beeton van Nutrico in Maandag se aflewering van RSG Landbou en hy verduidelik watter elemente suikervlakke beïnvloed en hoe om dit te bestuur.
Tegnologie uit Noorweë het dit moontlik gemaak vir ‘n plaaslike kuilvoervervaardiger om kuilvoer in grootmaat te maak en te versprei, maar waarom is die proses só ingewikkeld? RSG-Landbou-luisteraars hoor wat Burger Marais van Exact Silage te sê het.
Daarna gesels ons ook met Tanel du Plooy van APAC, oftewel die Raad vir Landbouprodukte-agente, oor die rol van dié raad in terme van regulering.
Ons sluit die program af met veilingsnuus. Dr Alex Revelas brei uit oor Bosveld Bonsmaraklub se veiling wat binnekort plaasvind. Skakel gerus in om te hoor wat op aanbod is.
Luister nou na dié interessante onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.