Wednesday, October 9, 2024

RSG Landbou: 30 November 2023 – geborg deur Voermol Voere

Wikus Bekker van Edenburg in die Vrystaat is aangewys as die Voermol Skaapboer van die Jaar. Hy boer met Dohne-Merinos en soos hy sê, in harmonie met die natuur. Ons hoor wat dit behels in Donderdag se aflewering van RSG Landbou.

Die ontwerp en vervaardiging van veehanteringstoerusting speel ‘n baie belangrike rol by dierewelsyn. Charlotte Esterhuizen van Algar brei hieroor uit.

Dan gesels ons soos altyd oor die weer saam met Johan van den Berg.

Chris Derksen is ook op sy pos met die vleispryse.

Luister nou na dié interessante onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Voermol voere

Voermol Voere het vir meer as 60 jaar boere in staat gestel om hul vee strategies te voer vir maksimum rendement op hul belegging. Voermol produseer ’n volledige reeks kwaliteit melasse gebaseerde produkte wat wetenskaplik gebalanseer is. Hierdie produkte voldoen aan al die voedingsbehoeftes van herkouers tydens verskeie produksie stadiums en op alle weiding tipes. Die kern van die proses is die strewe na doeltreffende diere produksie.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories