Volgens Marius Malherbe van die Malu Varkgroep in Kimberley, moet die verbruiker besef hoe veilig, gesond en bekostigbaar varkvleis is. Die varkbedryf is bekend vir wisselvallige tendense, maar Malherbe bly positief. RSG Landbou-verteenwoordiger, Christal-Lize Muller, het tydens ‘n DanBred-simposium op Potchefstroom met hom gesels.
Daarna kuier prof Charlie Reinhardt in die ateljee. Hy het in samewerking met ander rolspelers van die Universiteit van Pretoria ‘n gids oor die Palmer amarant-onkruid bekendgestel en gesels in Woensdag se aflewering van RSG Landbou hieroor.
Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco Animal Health
Who is Elanco Animal Health?
An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improving the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to address global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Luister hier na vorige uitsendings.
Luister RSG Landbou Maandae tot Donderdae op RSG, 100 tot 104 FM, as Lise Roberts soggens van 05:25 tot 05:55 met belangrike rolspelers in die landboubedryf gesels. Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @rsglandbou en #RSGlandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za