In Dinsdag se aflewering van RSG Landbou vind ons uit wie het geseëvier in vanjaar se LNR Vleisbeespresteerderstoekennings. Dr Ben Greyling gee terugvoer oor vanjaar se wenners. Luister nou na hierdie onderhoud.

Heinrich Victor van OVK is soos altyd op sy pos met wolpryse. Hy bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte met die jongste nuus oor die wolveiling wat onlangs plaasgevind het. Luister nou na hierdie onderhoud.

Daarna is Abrie Bronkhorst van die LWO Werkgewersorganisasie aan die woord. Hy brei uit oor dissiplinêre verhore in die werksplek. Luister nou na hierdie onderhoud op RSG Landbou.

Ons gesels oor nuwe reëls in die veilingsbedryf wat vroeër vanjaar aangekondig is. Francois Knowles van APAC verduidelik vir RSG Landbou-luisteraars wat dit behels. Luister nou na hierdie onderhoud.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco / Bayer

Who is Elanco Animal Health?

An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improve the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to addresses global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.