Gifspuite word algemeen in landbou gebruik. Wanneer gifspuite geselekteer word, moet gehalte, kapasiteit, spuitpatrone, gebruikersvriendelikheid en aanpasbaarheid in ag geneem word. So sê Jan Schoeman van Smith Power Equipment en ons praat met hom hieroor.
South Africa Wine, wat 10 maande gelede begin is, het verlede week hul eerste beraad gehou en ons hoor by Rico Basson waarop daar tans gefokus word om dié bedryf in Suid-Afrika se volhoubaarheid te verseker.
Daar is soos altyd ook nuus oor die weer met Johan van den Berg en Chris Derksen met die nuutste vleispryse.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.