HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 30 Mei 2023 - geborg deur Plaas Media

RSG Landbou: 30 Mei 2023 – geborg deur Plaas Media

Boere van die Harrismith-distrik spandeer miljoene rande om sekondêre paaie in stand te hou, maar dan is daar ‘n ander uitdaging, en dit is die nasionale petroleumpyplyn wat deur plase loop. Dit beteken diefstal van ‘n ander aard. En wat kos dit die boere van die Harrismith-distrik om voedsel te produseer? George Galloway, wat vir meer as 15 jaar voorsitter van die Harrismith distriksboere-unie is, gesels met Izak Hofmeyr oor hulle uitdagings in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou.

Bradley Dodds, Jansenville-distrik, vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor die pad van wild- en kleinveeboerdery tot hoenders.

Heinrich Victor van OVK is op sy pos met die jongste wolmarkverslag.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Plaas TV: Klimaatslim boerdery, AFMA Forum, Agbiz Graan- en Oliesade-simposium en...

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes: Die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur-projek...