Is beurtkrag hier om te bly? Energie-kenner, dr Wolsey Barnard, beantwoord die vraag in Maandag se RSG Landbou.
Daarna is dr Gerhard Neethling van die Rooivleis Abattoir Vereniging aan die woord. Hy gesels met RSG Landbou-luisteraars oor die rol van die veearts met betrekking tot vleisveiligheid by abattoirs.
Louis Meyer, eienaar van Loriza Brahmane, gesels oor hulle veilingsaanbod.
Daar is ook soos oudergewoonte op ’n Maandag lekker veilingsnuus.
Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.
Luister hier na vorige uitsendings.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur SOILL
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.