Navorsing en innovasie is van die sleutelfaktore wat bydra tot die sukses van ‘n landboumaatskappy en Johan Janse van Rensburg van Oro Agri brei hieroor uit in Woensdag se aflewering van RSG Landbou

Suid-Afrika se beste slaghuise is verlede week tydens die Cleaver-toekennings aangewys en in RSG Landbou berig ons meer daaroor. Ons gesels onder andere met Dewald Olivier van die Rooivleisbedryfsforum. 

Daarna vertel Kim Delport van die LNR Kleingraan vir RSG Landbou-luisteraars watter koringkultivars vir produsente in besproeiingsgebiede beskikbaar is. 

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.



Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Oro Agri 

Since 2002, Oro Agri’s approach is to work hand in hand with the farmer to systematically address each point of influence in the growing of crops in a sustainable and responsible manner. Many of the tools and techniques Oro Agri provides simply unlock nature’s potential and the genetic potential of the crop.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.