RSG Landbou: 30 Julie 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor landbouvakke wat by al hoe meer hoërskole in Suid-Afrika aangebied word, Bloemendal Bonsmaras se veiling en ons ontvang die nuutste weervooruitsigte en vleispryse.

Landbouvakke in hoërskole

Landbouvakke word deesdae in al hoe meer hoërskole in Suid-Afrika aangebied. Dis nou ook die tyd van die jaar wanneer skoolleerders loopbaanbesluite moet maak en instansies vir verdere studie oorweeg. Ons beantwoord in ons gesprek met Shaun Welmans van Agri Skills Transfer, ‘n luisteraarsvraag oor erkende kwalifikasies wat ‘n kandidaat by ‘n tersiêre instelling kan verwerf.

Bloemendal Bonsmaras hou veiling

Chris Krugell van Bloemendal Bonsmaras praat oor hulle veiling van 12 Augustus in die Delmas-omgewing.

Nuutste weervooruitsigte

Johan van den Berg is terug met hierdie week se landbouweervooruitsigte.

Vleispryse

En Chris Derksen vertel wat hierdie week met vleispryse in die Noord-Vrystaat gebeur het.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Vaaltyn van die Noordweste

Estimated reading time: 6 minutesDie donkie is ’n dier wat gehelp het om die...

Stockfarm September 2026 hits the shelves

In the September 2026 edition of Stockfarm, we unpack the challenges that South Africa’s...

Oilseeds Focus September 2026

The September 2026 issue of Oilseeds Focus delivers essential insights into identifying tricky stem...

Veeplaas September 2026

Estimated reading time: 3 minutesIn die September-uitgawe van Veeplaas takel ons die belangrikste kwessies...