Monday, October 3, 2022

RSG Landbou: 30 Augustus 2022 – geborg deur Oro Agri

Die droogte leer jou om te boer. Dít is die woorde van Ross Henderson van die Willowmore-omgewing. Hy boer ekstensief-intensief met merino’s en angorabokke. Luister RSG Landbou vir meer hieroor in Dinsdag se aflewering van die program.

Saronsberg, geleë by Tulbagh, het tydens die SA Shiraz Challenge ‘n trofee vir hul prestasie die afgelope tien jaar ontvang. Wynmaker, Dewaldt Heyns, deel hul geheim met RSG Landbou-luisteraars.

Daarna gesels ons ook met dr Johan van Deventer oor die afgelope IFPA-konferensie wat op die varsproduktebedryf gefokus het.

Heinrich Victor van OVK vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor wat by die laaste wolveiling van die seisoen gebeur het.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Oro Agri 

Who is Oro Agri?

Since 2002, Oro Agri’s approach is to work hand in hand with the farmer to systematically address each point of influence in the growing of crops in a sustainable and responsible manner. Many of the tools and techniques Oro Agri provides, simply unlock nature’s potential and the genetic potential of the crop.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories