Nico Slinger van Clanwilliam is aangewys as die 2024 Rooibosprodusent van die Jaar. Hy vertel van sy boerdery en passie vir dié bedryf.
Santam Landbou is reeds vir 11 jaar by die nasionale kuilvoerkompetisie betrokke. Emil Pretorius verduidelik hoe kuilvoer en versekering by mekaar uitkom.
Heinrich Victor is terug met ons wolmarkverslag
FP Coetzee van Aartappels SA vertel ons ook wat in Maart met die aartappelmarkte gebeur het.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur AECI Plant Health
AECI Plant Health is ‘n gediverdifiseerde groep. Hul produkte en dienste word aan ‘n breë spektrum van kliënte verskaf in die mynbou, waterbehandeling, plant- en dieregesondheid, voedsel en drank, infrastruktuur en lagemene industriële sektore.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.