Monday, December 5, 2022

RSG Landbou: 3 Oktober 2022 – geborg deur RPO

Willie Clack, voorsitter van die LITS SA-komitee, gesels oor hierdie stelsel wat fokus op naspeurbaarheid en in Oktober geïmplementeer word in ‘n poging om risiko’s verbonde aan bek-en-klouseer en ander veesiektes aan te spreek.

Nico Groenewald van Standard Bank kuier ook in die RSG Landbou-ateljee en hy gesels in Maandag se aflewering van die program oor die huidige stand van die Suid-Afrikaanse landbouklimaat.

Biosekuriteit – wie se verantwoordelikheid is dit? Dewald Olivier van die SA Voerkraalvereniging, werp meer lig op dié onderwerp.

Daar is ook veilingsnuus. Paul van Vuuren, eienaar van Kalahari Beefmaster, gesels met RSG Landbou-luisteraars oor wat kopers by sy agtste produksieveiling kan verwag.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur die Rooivleisprodusente-organisasie.

The Red Meat Producers Organisation (RPO) is a service organisation that acts as mouthpiece for South African commercial red meat producers. It is an independent producers organisation that strives to dynamically promote the sustainability and the profitability of the red meat industry in South Africa. Our mission, namely the promotion of a sustainable and profitable red meat industry in South Africa, is operational through our bargaining and consultation with government and other organisations in order to further the interests of the red meat producer, locally as well as internationally.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories