Friday, December 2, 2022

RSG Landbou: 3 November 2022 – geborg deur AECI Plant Health

Die Rooivleisprodusente-organisasie het onlangs aangekondig dat hulle voorwaardelik as lid by Agri SA bedank. Intussen, na afloop van ‘n vergadering tussen Agri SA, die RPO, NWKV en die MPO, is die besluit teruggetrek. James Faber van die RPO verduidelik in Donderdag se aflewering van RSG Landbou, wat die redes vir dié besluit was.

Wetgewing rakende gesondheid en veiligheid in die werksplek is van groot belang vir werkgewers, veral diegene in die landboubedryf. Lucinda Janse van Rensburg van Implex het lede van Agbiz hieroor ingelig en ons hoor wat sy te sê gehad het.

Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse, wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Johan van den Berg is op sy pos met sy weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou beïnvloed.

Frans de Klerk, ‘n onafhanklike tegniese analis, vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor die huidige witmielieprys.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur AECI Plant Health. Besoek gerus hulle webwerf hier.

Who is AECI Plant Health?

AECI Plant Health is a South African company within the AECI Group of Companies serving the agricultural sector with pride. AECI Plant Health has been an ally to farmers in Africa for many years, and with the move towards sustainable agriculture, AECI Plant Health with its NuWay® programme, and its extensive range of products and services, aims to work with farmers to preserve our natural resources, restore soil biology and address the need for producing nutritious food. Agriculture worldwide is under pressure to reduce pesticide and fertilizer usage whilst increasing crop yields to feed a growing world population. There is now a move away from the total reliance on traditional chemicals and synthetic fertilizers towards a more responsible and sustainable approach of cultivating crops that protects the environment and its precious resources. Our approach is to work hand in hand with the farmer to systematically address each point of influence in the growing of crops in a sustainable and responsible manner. Many of the tools and techniques simply unlock nature’s potential and the genetic potential of the crop.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories