Tuesday, December 16, 2025

RSG Landbou: 3 Maart 2025 – geborg deur Pioneer

Verbruikersbesteding en laer rentekoerse dui daarop dat die ekonomie stadig besig is om te draai. Dit is positiewe nuus, volgens die bekende landbou-ekonoom, dr Johan Willemse. Hy was die hoofspreker by die Groentoer-aartappeldag in die Oos-Vrystaat.

Verder gesels ons met Benjamin Bosch oor Bonsmara SA se nasionale veiling wat op 19 Maart in Parys aangebied word. Dit vorm deel van hul Rooi Ras-geleentheid.

Dan het Agri-Expo onlangs hul planne vir 2025 bekendgemaak. Breyton Milord brei uit oor die nuwe projekte waarby hulle betrokke gaan wees.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Pioneer.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Related

RSG Landbou – 16 Desember 2025

In vandag se RSG Landbou gesels ons oor handelsooreenkomste met Wolfe Braude van Agbiz en dr Ben Greyling van die Landbounavorsingsraad bespreek die wenners...

RSG Landbou: 15 Desember 2025

In vandag se RSG Landbou gesels Agbiz oor hulle fokuspunte vir 2026, ons vind uit wie die 2025 Nasionale Meestersuiwelboer wenners is en dr...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minute Johan van den Berg is weer terug op sy pos met sy weeklikse weersake-gesprek met Lise Roberts op RSG Landbou....