Die waarde van die vroeë opvoeding en ontwikkeling van kinders mag nie onderskat word nie. Daarom het GWK en Wildeklawer naby Douglas onlangs hande gevat en ‘n skool vir plaaskinders op dié plaas geopen. Neil de Klerk van GWK vertel ons in Donderdag se aflewering van RSG Landbou waarom hulle hierdie stap geneem het.

Daarna gesels RSG Landbou ook met Wandile Sihlobo van Agbiz oor die impak wat die probleme in Oos-Europa op die plaaslike landbousektor het.

Dr Frikkie Maré gesels op RSG Landbou oor die Maart-uitgawe van Veeplaas wat nou op die rakke beskikbaar is. Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com.

Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941. Luister nou na dié onderhoud.

Die onafhanklike weerkundige, Johan van den Berg, is op sy pos met sy weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou affekteer.

Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.





Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco / Bayer

Who is Elanco Animal Health?

An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improve the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to addresses global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.