Sakkie en Nicky Nell Boerbokboerdery van Brakrivier in die Jansenville-distrik vier in 2025 hul 100ste bestaansjaar in die bedryf. Ons hoor waaruit hul suksesresep bestaan.
Daneel Rossouw van Nedbank gesels oor die stand asook vooruitsigte vir die plaaslike wynbedryf.
Verder bied die Sernick Groep hul volgende produksieveiling op 7 Junie aan en die veiling word aan hul kuddebestuurder van 30 jaar, Pieter Booysen, opgedra. Hy is onlangs oorlede en Nick Serfontein vertel ons meer.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur AECI Plant Health
AECI Plant Health is ‘n gediverdifiseerde groep. Hul produkte en dienste word aan ‘n breë spektrum van kliënte verskaf in die mynbou, waterbehandeling, plant- en dieregesondheid, voedsel en drank, infrastruktuur en lagemene industriële sektore.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.