Tuesday, June 28, 2022

RSG Landbou: 2 Junie 2022 – geborg deur SOILL

In watter mate word daar van leierskap verwag om te verhoed dat plattelandse dorpe verval? Christal-Lize Muller gesels in Donderdag se aflewering van RSG Landbou met dr Ivan Meyer, Minister van Landbou in die Wes-Kaap, oor hulle planne om dié probleem aan te spreek

Verder hou produsente in die winterreënvalstreke ook hul asems op om te sien hoe produksie gaan verloop. Nico Groenewald van Standard Bank bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte met produksievooruitsigte vir die Wes-Kaap.

Die onafhanklike weerkundige, Johan van den Berg, is op sy pos met sy weeklikse bespreking oor weerstoestande, en hoe dit landbou affekteer.

Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars ook op hoogte van weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Tanniene in wyn veroorsaak dikwels ongewensde vlekke op tande. Suzette Muller het ‘n vingerhoedlappie ontwerp wat dié probleem aanspreek. Sy vertel ons meer hieroor.

Prof Frikkie Maré gesels op RSG Landbou oor die Junie-uitgawe van Veeplaas wat nou op die rakke beskikbaar is. Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941. 

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur SOILL

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Related Posts

Weeklikse plaashek-rooivleispryse / Weekly farm gate red meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Die jongste vleispryse word...

SA goat breeds suit the Zimbabwean landscape

Estimated reading time: 7 minutes Pathisani Ncube has a...

Hydroponic feed for intensive sheep production

Academics around the world tend to reject hydroponic feed...

Ivermektien: Veilig vir dier én mens?

Estimated reading time: 4 minutes Die potensiaal van ivermektien...

The South African rabbit meat industry in the spotlight

Estimated reading time: 7 minutes Rabbit meat is not...

Smart lambing camps for profitable Boer goat farming

PW Botha lost his heart on Boer goats during...