Die Karoo Winterwolfees het verlede week op Middelburg in die Karoo plaasgevind. Carin Venter het dit bygewoon. In Maandag se aflewering van RSG Landbou hoor ons hoe passievol Stefan en Yolandi Erasmus gesels oor die geleentheid wat hulle het om skaapboerdery en die plaaslewe aan die jeug bekend te stel.
Gebrande rumen of suurpens kom ook vandag onder bespreking. Frans Hagg van Allied Nutrition gee raad hieroor aan RSG Landbou-luisteraars.
Duo Simbra bied op 5 Julie hul veiling op Dewetsdorp aan en Eugene Marais vertel vir kopers wat vanjaar op aanbod is.
Johan Malan van Simonsig-wyne het die Philipstown-interskou bygewoon en Koos du Pisanie het meer oor die geskiedenis van dié wynlandgoed gaan uitvind.
Soos oudergewoonte op ‘n Maandag is daar ook veilingsnuus.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.