Clanwilliam en omgewing is dié tyd van die jaar ‘n miernes van bedrywighede – dis rooibos-oestyd. Marthane Swart van die SA Rooibos-raad gesels in Donderdag se aflewering van RSG Landbou hieroor.

Dan bied TLU SA hulp aan produsente met betrekking tot B-BBEE sertifikate en uitvoere. Bennie van Zyl verduidelik dié proses aan RSG Landbou-luisteraars.

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag op RSG Landbou, is Johan van den Berg terug met nuus oor die weer en daarna is Chris Derksen aan die woord met vleispryse.

Luister nou na dié onderhoude.




Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country.

The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme.

Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

 

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.