Tydens Aartappels SA se navorsingsimposium op Parys, het dr Jacques van Zyl van die Wes-Kaapse Departement van Landbou terugvoer gegee oor hulle grondbewerkingspraktyke-navorsing. RSG Landbou-luisteraars kan hoor wat hy daar te sê gehad het in Donderdag se aflewering van dié program
Die vraag na rooiwyn het in die vroeë 1970’s vinnig toegeneem en wynmaker, Günter Brözel, het dié geleentheid raakgesien. Vanjaar is Nederburg Baronne 50 jaar oud. Ons gesels met Emile Joubert oor die geskiedenis van dié wyn.
Daarna is Laurence Allem van Mielieboere Bonsmaras aan die woord. Hy vertel wat hulle vir hul 36ste produksieveiling van 11 Augustus op Viljoenskroon beplan.
Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.
Daarna bring Johan van den Berg RSG Landbou-luisteraars op hoogte met die jongste weervooruitsigte.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.