Monday, August 15, 2022

RSG Landbou: 3 Augustus 2022 – geborg deur Hygrotech

Die familieboernetwerk, Saai, het verlede week ‘n digitale grondeisedatabasis bekendgestel. RSG Landbou het die geleentheid bygewoon en in Woensdag se aflewering hoor ons wat dr Theo de Jager en Francois Rossouw hieroor sê.

Dr Josef van Wyngaard van Voermol verduidelik aan RSG Landbou-luisteraars wat is belangrik met betrekking tot die voedingsbehoeftes van skaapooie.

Daarna gesels Christal-Lize Muller met dr D’Wall Hauptfleisch oor biosekuriteit. Hy was een van die sprekers by die Langspruit-boerevereniging se onlangse beesinligtingsdag.

Stephen Pietersen van Work Accident Support, brei ook uit oor werknemerdokumentasievereistes en wat dit behels. 

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

Who is Hygrotech?

Our mission is to continuously and pro-actively identify and evaluate the needs of all current and potential clients regarding vegetable seed, as well as related and supporting products and shall strive to satisfy such needs within acceptable norms. Sell quality products, if possible on an exclusive basis, through trained and experienced staff, supported by systems and procedures acceptable to clients and HYGROTECH. Expand the market by recruiting and retaining quality clients in our market segments by way of goal-driven marketing, primarily based on direct selling. Offer our products at a competitive price to our clients, assuring an acceptable growth and profit to HYGROTECH.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Hygrotech. Besoek gerus hulle webwerf hier.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories