Die Mededingingskommissie se varsproduktemark-ondersoek het op 31 Maart begin en ons hoor by Ruan Maré wat die rede hiervoor is in Maandag se aflewering van RSG Landbou.
Dan kuier ons op Suiderlandplaas in die Tsitsikamma-omgewing by Dean Biggs. Hy het in 2022 die MPO/Nedbank-rentmeesterskapstoekenning ontvang.
MJ Ernst van die Ankole-beestelersgenootskap gesels met RSG Landbou-luisteraars oor hul inligtingsdag en nasionale veiling wat later vandeesmaand by Bona Bona plaasvind.
Daar is ook nuus oor veilings wat die volgende paar weke plaasvind.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.