In vandag se aflewering van RSG Landbu vind ons meer uit oor die regsekerheid oor die hantering van vuurwapens waarvan lisensies verval het, asook vuurwapens wat deel van bestorwe boedels vorm en die 2027 Goliat van Gat Pampoenkompetisie.
Vuurwapeneienaarskap
Wat is die praktiese verskil tussen eienaarskap van ‘n vuurwapen en die wettige besit en gebruik daarvan? ‘n Onlangse uitspraak van die Hooggeregshof gee nou groter regsekerheid oor die hantering van vuurwapens waarvan lisensies verval het, asook vuurwapens wat deel van bestorwe boedels vorm. Dr Herman Els van Natshoot gesels met ons hieroor.
2027 Goliat van Gat Pampoenkompetisie
Die plant van ‘n pampoen vir die jaarlikse pampoenkompetisie sluit ‘n hele paar belangrike faktore in. Dis nou tyd om vir die 2027-kompetisie te plant, en Henri Combrink van die Cullinan-tak van TLU SA gee raad.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.
