AFMA, oftewel die Dierevoervervaardigingsvereninging, bied in Oktober ‘n simposium aan en Chantelle Fryer van Evonik vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor wat dit behels.
Dr Shaun Morris van die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging, het tydens ‘n inligtingsdag op Stutterheim in die Oos-Kaap met boere oor biosekuriteit gesels en Carin Venter hoor watter raad hy vir boere gehad het.
Rekordpryse is die afgelope naweek vir ‘n dormerram en -ooi tydens ‘n veiling in die Vrystaat betaal. Die eienaar van dié diere is Johan Barnard van Johanri Dormers in die Lindley-omgewing – hy gesels met RSG Landbou-luisteraars oor dié prestasie.
Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse, wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is. Daarna is Johan van den Berg op sy pos met sy weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou beïnvloed.
Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco Animal Health
Who is Elanco Animal Health?
An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improving the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to address global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Luister hier na vorige uitsendings.