RSG Landbou: 29 November 2023 – geborg deur Voermol Voere

Vrystaat Landbou en LGV se PSIRA geregistreerde privaat-veediefstal-ondersoekers het in die eerste 4 maande van hul bestaan reeds ‘n paar suksesse behaal. Dr Jane Buys van Vrystaat Landbou kuier in die ateljee om ons meer hiervan te vertel in Woensdag se aflewering van RSG Landbou.

Dan hoor ons ook by Izak Hofmeyr wat elders in die wêreld in landbou gebeur met ons maandelikse fokus op internasionale landbounuus.

Luister nou na dié interessante onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Voermol voere

Voermol Voere het vir meer as 60 jaar boere in staat gestel om hul vee strategies te voer vir maksimum rendement op hul belegging. Voermol produseer ’n volledige reeks kwaliteit melasse gebaseerde produkte wat wetenskaplik gebalanseer is. Hierdie produkte voldoen aan al die voedingsbehoeftes van herkouers tydens verskeie produksie stadiums en op alle weiding tipes. Die kern van die proses is die strewe na doeltreffende diere produksie.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories