In Donderdag se aflewering van RSG Landbou fokus ons op die weer. Alhoewel dit te vroeg is om vloedskade in die Wes-Kaap te bereken, is die skade duidelik sigbaar. Volgens Jannie Strydom van Agri Wes-Kaap het boere by Rawsonville, Citrusdal en die Sandveld veral deurgeloop.
Rienette Coleske van die Gamtoos-besproeiingsraad gee op haar beurt terugvoer aan RSG Landbou-luisteraars oor damvlakke na die reën in die Oos-Kaap.
Johan van den Berg is weer terug op sy pos met die weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou beïnvloed.
Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Antrovet. Besoek gerus hulle webwerf hier.
At Antrovet, we believe that all South African Farmers, from the emerging farmer to the intensive producer, should have access to top quality, affordable products, backed by exceptional service and availablity. We strive to exceed customer expectations regarding service and to provide products that enhance the health of animals and productivity to the farmer.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.