Aartappels SA se transformasie-simposium vereer produsente wat klein begin het en vandag merkwaardige groei toon. Gert Bester verduidelik wat die projek vir die kleinskaalse aartappelboer beteken en Aldrin Lawrence wat naby Vivo boer, deel sy suksesverhaal.
Verder gesels ons met Hettie Marais van die Cradock-omgewing oor haar volstruisboerdery.
Moet ook nie vergeet van ons weernuus saam met Johan van den Berg en vleispryse met Chris Derksen nie.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week met trots deur Pioneer aan jou gebring.
Pioneer is ‘n internasionale saadmaatskappy met ‘n unieke kombinasie van kulture en tale. Die maatskappy plaas sterk fokus op navorsing, produksie en bemarking en streef daarna om die beste produkte in die mark te produseer. Vir meer as 95 jaar al ontwikkel en toets Pioneer produkte om plaaslike uitdagings die hoof te bied.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.