Wednesday, February 21, 2024

RSG Landbou: 29 Augustus 2023 – geborg deur Voermol Voere

Francois Swanepoel van die Landbounavorsingsraad verduidelik in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou waarom ventilasiebeheer by intensiewe varkproduksie-eenhede so belangrik is.

Twee Suid-Afrikaanse handskaapskeerders is vanjaar in Skotland as wêreldkampioene gekroon. Beide werk vir Love Wool van Victoria-Wes. Eienaars, Tommie en Nel-Marie Caldo, gesels onder andere oor dié prestasie en hul benadering met hierdie tipe opleiding.

Corné de Jager van Tierkloof Simmentalers brei op RSG Landbou uit oor sy boerdery, sy belangstelling in die Simmentaler-ras en die diere wat by hul veiling op 2 September aangebied word.

Luister nou na dié lekker onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Voermol voere

Voermol Voere het vir meer as 60 jaar boere in staat gestel om hul vee strategies te voer vir maksimum rendement op hul belegging. Voermol produseer ’n volledige reeks kwaliteit melasse gebaseerde produkte wat wetenskaplik gebalanseer is. Hierdie produkte voldoen aan al die voedingsbehoeftes van herkouers tydens verskeie produksie stadiums en op alle weiding tipes. Die kern van die proses is die strewe na doeltreffende diere produksie.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories