Monday, October 3, 2022

RSG Landbou: 29 Augustus 2022 – geborg deur Oro Agri

Nampo Alfa vind vanjaar vir die eerste keer by Nampo Park plaas en dr Dirk Strydom van Graan SA vertel vir RSG Landbou-luisteraars in Maandag se aflewering van die program waarna besoekers kan uitsien.

‘n Nuwe Suid-Afrikaanse rekordprys vir ‘n Ile de France-stoetram, is onlangs by ‘n veiling in Pretoria behaal. Hageland Ile de France is die eienaars, en ons gesels met Mark Gietzmann oor dié prestasie.

SAACA, oftewel die Dierekankervereniging van Suid-Afrika, is in 2020 deur Munnik Marais gestig. Hy het self honde aan kanker verloor en hy deel sy storie met RSG Landbou-luisteraars.

Daleen Nel van Vetnet brei uit oor wat hulle doen asook die dienste wat wat deur hulle maatskappy gelewer word.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Oro Agri 

Who is Oro Agri?

Since 2002, Oro Agri’s approach is to work hand in hand with the farmer to systematically address each point of influence in the growing of crops in a sustainable and responsible manner. Many of the tools and techniques Oro Agri provides, simply unlock nature’s potential and the genetic potential of the crop.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories